08hirobinj
-
10:53:46 am on January 17, 2010 |
Dagbreek gaan nooit weer dieselfde wees nie – so het Herman ‘n lekker gevolg opgebou met die begin van sy program Dagbreek ongeveer twee jaar gelede! Hy het nou na Padlangs saam met Bez geskuif en deel ons die vroegoggendprogram tussen verskeie aanbieders voorlopig.
Maandagoggend 18 Jan begin ons met die eerste “084myradio Dagbreek”. Ons toets uitsendings begin reeds 01h00 en amptelik tussen 5h00 & 6h00 waarna Spek & Eiers oorneem. Interesant….waarom? Wel die uitsendings gaan nie direk van die ateljee in Sonpark gedoen word nie maar direk vandie huis af! Ek hoop dat jy saam met ons lekker vroeg wakker gaan word en die “dagbreek” gaan geniet, dit is afterall die beste tyd van die dag! Ah, daar is ons eerste onderafdeling van die program…die “Beste Tyd Van Die Dag Liedjie” om 20 oor vyf, ‘n liedjie waarvoor jy kan vra op 084myradio (selfoon nommer). Ons het ook die 084myradio Top 20 liedjie van die dag net na die weerberig om 5h45. Ons gee elke oggend die “wakker word beskuitjie” as prys vir ons “wakker rakker” wat die korrekte antwoord op ons vraag het – die week is dit geskiedenis verwant.
Ons kyk ook na die jongste nuus net na halfses en terwyl jy opstaan, tandeborsel, pieppie, aantrek, eet en wat jy ookal so vroeg in die oggend doen, ons doen dit saam met jou. Terloops, as jy vroeg opstaan om te gaan oefen laat weet ons watter liedjie jy wil hoor op jou oorfone – ons is in hart en siel saam met jou…..maar saam oefen…..uh nee!! Ek word moeg net om daaraan te dink! Dalk kan jy ons oortuig om saam met jou fiks te word, wie weet dalk begin ons ons eie oefenprogram en teen einde 2010 weeg ons almal 15kg minder! Dis nou ‘n goeie vooruitsig vir 2010!
Volg gerus ons program op Twitter, Facebook en Blog onder 084myradio. En stuur jou foto’s gerus.
Nou eers kyk of ons so vroeg uit die vere kan kom! Sien jou 5h00!

08hirobinj 5:54 pm on February 15, 2010 | # |
Tegnies is dit ‘n groter uitdaging as wat ons beplan het, maar ons werk daaraan.